Praise for Bidvest Data Digital Book Printing

Bidvest Data's Digital Book Printing team meet and exceed customer service expectations!

It is with pride that we share this article written and shared on Facebook by Myra Lochner of Kreativ SA.

Drukker onder druk!

BIDVEST DATA van KAAPSTAD is tans een van KREATIV SA se staatmakerdrukkers in Suid-Afrika. Die verkoopsverteenwoordiger, Wayne van Wyk, is toegewyd, vriendelik, gefokus en beslis deel van 'n span!

Daar is tans DERTIEN TITELS van KREATIV SA wat in verskillende fases van die drukproses is, en soos dit vir my lyk gaan ALMAL voor KERSFEES 2016 afgehandel wees! Drie is reeds afgelewer; Hannes de Lange se BREINBOEK; Nellie Sophia Lessing Blignaut se Al-Alfabet word binne enkele dae afgelewer, asook my eie Opslagblom en Ellen Margaret Hancke se Ligskrif; en die van Gordon Vorster (Brenda Vorster) word eersdaags in Namibië afgelewer. Saam met die publikasies van Gawie Pistorius, Laat daar Lig wees, en dié van Kobus Van Zyl, Gebed, beteken dit dat BIDVEST DATA van September 2016 tot vandag VYFTIEN titels van KREATIV SA gehanteer het, waarvan sewe titels die week afgehandel sal wees en die res voor KERSFEES gelewer word! Nadat ons vorige drukker gesluit is, het BIDVEST DATA en ander drukkers, waaroor ek later sal berig, ons gehelp om weer 'n goeie werksverhouding met nuwe vennote op te bou.

Dit is wonderlik om 'n medewerker in die drukkersbedryf te hê, wat alle publikasies, groot of klein, as ewe belangrik ag. Baie dankie, Wayne, aan jou en jou hele span, vir die uitstekende diens gelewer aan KREATIV SA die afgelope paar maande. Ek en al die KREATIV SA-skrywers is baie tevrede met die puik diens.

Mag KERSFEES 2016 vir julle almal 'n tyd wees van rus, vrede en vreugde!

Myra Lochner
KREATIV SA
6 Desember 2016


Myra Lochner of KREATIV SA with Bidvest Data Sales Representative Wayne van Wyk (top left)
Wayne in our Digital Book Printing department (top right)